Meer oor Dr Burger

Dr Burger voltooi sy mediese asook ortopediese studies aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy doen waardevolle ondervinding op as konsultant in pediatriese ortopedie by die Lady Michaelis Pediatriese Ortopedie eenheid by Tygerberghospitaal in Kaapstad. Hy sit sy opleiding in voet en enkel chirurgie voort (Fellowship) onder dr. Mark Myerson by die Instituut vir Voet en Enkel Rekonstruksie by die Mercy Mediese Sentrum in Baltimore , VSA.

Sy praktyk fokus op rekonstruktiewe chirurgie, sportverwante beserings, trauma van die voet en enkel, diabetiese voet probleme, artroskopiese chirurgie en enkelvervangings. Hy oorweeg altyd nie-chirurgiese behandelingsopsies waar moontlik. Hy voel dat die post-operatiewe sorg en hantering van kardinale belang is om die beste uitkoms vir jou te verseker.

Wanneer hy nie werk nie, hy hou daarvan om tyd in die buitelug saam met sy familie deur te bring. Hy geniet ook kano sport, fotografie, tradisionele houtwerk en musiek.


Kwalifikasies

2015: Enkel Artroskopie Werkswinkel, Albert Luthuli Hospitaal, Durban.

2014: Studeer (Fellowship) onder dr. Mark Myerson by die Instituut vir Voet en Enkel Rekonstruksie by die Mercy Mediese Sentrum in Baltimore , VSA.

2014: Enkel artroskopie kurses by die Instituut vir Voet en Enkel Rekonstruksie by die Mercy Mediese Sentrum in Baltimore , VSA.

2012: FC (Ortho) SA, Universiteit van Stellenbosch en Suid-Afrikaanse Mediese Kollege.

2012: Taylor Spatial Frame Fellowship – Fraktuur hantering en rekonstruksie van deformiteit.

2011: Opleiding in rekenaar geassisteerde knievervangings. Prof. Ritschl, Wenen, Oostenryk.

2001: MBChB. Universiteit van Stellenbosch, Suid Afrika.


Mediese Registrasie

HPCSA – Onafhanklike Spesialis, Ortopedie

General Medical Council , Verenigde Koninkryke


Affiliasies

Suid-Afrikaanse Ortopediese Vereniging

Suid-Afrikaanse Voet Chirurgie Vereniging